News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 19°C 28°C
KPT 16°C 23°C
JHB 15°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
15/11/2008 15:38  - (SA)  
jolTYD: Broers tot die einde
deur Peet van Aardt    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BROTHERS IN ARMS: HELL’S HIGHWAY

Daar is omtrent al meer games uit wat oor die Tweede Wêreldoorlog gaan as dae wat die oorlog geduur het, maar tog bly dit lekker om wurst van Duitse troepe te maak!

Hell’s Highway is die derde titel in die Brothers in Arms-reeks, en jy neem weer die rol in van Matt Baker, die troep wat al een te veel oorlog-missions moes meemaak en dus nie altyd al sy handgranate in ’n ry het nie.

Die speletjie is gegrond op die ware verhaal van ’n operasie genaamd Market Garden wat aan die einde van die oorlog plaasgevind het. Basies moet jy en jou troepe ’n pad in Holland beset en teen die Duitsers beskerm. Nou, in die werklikheid het die Nazi’s destyds hierdie operasie gekelder en baie soldate het gesneuwel. Dus: moenie ’n wandeling langs die Eersterivier verwag nie!

Jy en jou bataljon uitbeweeg en die een mission na die ander voltooi om jul deel te doen in die oorlog.

Brothers in Arms: Hell’s Highway is ’n lekker speletjie. Dit is nie so verfynd soos Ghost Recon of Call of Duty nie, maar dit is steeds goed.

Wat grafika betref, voel dit soms of iemand jou met ’n bajonet in die oog gesteek het, want die omgewing lyk soos PS2-styl. Boonop is die kunsmatige intelligensie (AI) so onnosel dat jy gefrustreerd raak met jou bemanning wat nie die eenvoudigste takie kan verrig nie en die vyande wat soos robotte in ’n reguit ry loop in ’n oop veld.

Maar Hell’s Highway se byklanke en klankbaan is uitstekend. Die geweerskote, ontploffings en koeëls wat oor jou kop vlieg klink asof jy self op die slagveld is!

Een van die speletjie se beste features is die stadige-aksie-kamera wanneer jy iemand ’n kopskoot gee of ’n handgranaat op die regte plek gooi. Dan sien jy dit vanuit die coolste oogpunt moontlik. Ook sorg die feit dat jy nou agter voorwerpe kan skuil (’n nuwe toevoeging tot die reeks) vir ’n lekker speelervaring.

Hell’s Highway gaan jou dalk nie wegblaas nie, maar dit sal genot verskaf. Die speletjie het al die basiese bestanddele vir ’n goeie oorlogtitel, van masjiengeweer-aksie tot rondry in ’n tenk tot in ’n hoë gebou sit en ouens uithaal as skerpskutter. Dus: of jy Morné in Hoërskool Outeniqua is wat jou adrenalien gepomp wil hê of die afgetrede oom Blackie in die Vrystaat wat die meer taktiese spel verlang, behoort dié titel te wees wat jy soek. 7.5/10

Psssstttt…

• My woonstelmaat, Alet, is ’n liewe meisie. Ons kom goed oor die weg. Maar wanneer ek op ’n Sondag my joltyd aan die gang wil kry, kraam sy omtrent. Want soos julle wat Xbox’e besit sal weet, die masjien raas baie, wat sekere mense se middagslapies kan ontwrig. Al speel jy met oorfone, dis die masjien se waaier ens. wat so raas. So, hoe dan te make met die masjien wat klink soos ’n Boeing se enjin? Probeer jou volgende game op jou hardeskyf installeer voor jy hom speel. Dit vat minder as ’n kwartier en behoort nie meer as 7 gig se spasie op te neem nie, en jy kan dit uitwis wanneer jy wil. En dan kan jy lekker jol terwyl ander mense slaap!

Slyp jou duime vir:

• Mirror’s Edge . As jy keelvol is vir die gewone FPS en jy is op soek na iets met ’n bietjie meer spoed gaan dié een jou duime op aandag kry. Mirror’s Edge speel in die toekoms af waar al jou doen en late deur die regering gemonitor word. Die meeste mense leef dan maar so. Tot jou suster vermoor word en jy ondersoek instel en alle hel losbars. Die gameplay gaan dus baie meer oor hardloop (vlug) en wegkruip as ’n geskietery. Die adrenalien gaan pomp!



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo