News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 15°C 34°C
KPT 19°C 26°C
JHB 14°C 28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
15/11/2008 15:38  - (SA)  
geselsTYD: Annelisa hou van somer, son en wyn
deur Marisa Beeton    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Foto: Robert A. Hamblin

Kyk, die laaste paar weke was nie ’n maklike tyd vir Hilda nie.

Eers wen haar span nie die boereworskompetisie nie. Dan is sy só kwaad vir Maria omdat dié toe wel wen dat sy haar in die pad steek.

Die arme Hilda moes toe tussen haar werk by die deli ook vir Oubaas huishou. Sy’t tien balle in die lug gehad en hulle het gereeld op die grond geval. En toe sy hoor Moekie kom kuier kon sy nie meer nie. Die trane het gevloei. Sy en Maria het inderhaas vrede gemaak en begin regstaan vir Moekie se kuier.

Maar dit was nie die einde van Hilda se spanning nie. Intussen het haar burgerlike plig haar aangespoor om die gemeenskap op te roep tot aksie. Sy kan mos nie toelaat dat Jan-Hendrik se planne vir ’n supermark 7de laan se karakter verander nie. O nee!

’n Petisie.

’n Optog.

En Hilda se gestel kon nie meer nie. Sy’t ineengestort. Die spinnekoplyfie was kapot. Vir Oubaas se Leliepit het dinge net te veel geraak.

Gelukkig is Annelisa Weiland baie beter daarmee om haar daaglikse stres te hanteer as wat haar karakter in 7de laan is.

“Ja, hoe minder Hilda met Moekie te doen het, hoe beter. Sy moet ook leer om haar minder aan Matrone se skerp tong bloot te stel. Dit jaag net haar bloeddruk op,” is Annelisa se raad aan haar karakter in die gewilde Afrikaanse sepie.

“Hilda se ineenstorting is ’n angsaanval weens al die spanning die laaste tyd. Dit is wat gebeur as ’n mens nie ’n manier vind om jou stres te hanteer nie.

“Party mense ontlaai deur joga te doen of om met hul rekenaars besig te bly.

“Ek raak ontslae van my stres deur gereeld gim toe te gaan. Daar is gelukkig een naby my werk waarheen ek kan gaan as ek heeldag op die stel is.”

Sy sê sy oefen veral haar maag- en armspiere en loop op die trapmeul.

“Jy weet ’n mens loop en loop en jy gaan nêrens heen nie.”

Volgens Annelise glo sy daaraan om gesond te leef.

“Ek het 25 jaar gelede opgehou rook en verkies gesonde kos. Miskien omdat my ma ons so grootgemaak het.”

Sy sê ook sy volg ’n dieet wat vir haar bloedgroep uitgewerk is.

“Ek vermy waar ek kan sekere goed soos byvoorbeeld hoender, maar ek sal nou nie ’n pyn wees daaroor nie. My enigste swak punt is wyn.”

Sy glo daaraan om aan die einde van elke dag ’n glasie wyn te drink om te ontspan.

“ ’n Mens moet net onthou om jouself in toom te hou, dis die groot geheim,” skerts sy.

Is sy dan ’n wynversamelaar?

“Ek’s gelukkig, Illse Roos (wat Isabelle speel) se familie het die Mooiplaas-wynlandgoed.

Hulle maak heerlike wyn en ek laat dit sommer by die werk aflewer.

“Oe, as ek dit kon bekostig sou ek beslis regte egte Franse sjampanje drink.

“Ek drink deesdae eerder rooiwyn, maar in die somer bly ’n glas yskoue witwyn lekker.

“Ek is beslis ’n somermens.

“Ek hou van sonlig. In die winter raak ek bietjie bedruk.”

Annelisa se liefde vir somer, son en lekker wyn het sy saam met haar van die Kaap af gebring. Sy is 59 jaar gelede in Kaapstad gebore en het in Seepunt grootgeword, maar bly al jare in Johannesburg. En hoewel sy sê sy sal eendag in die Kaap aftree, is Johannesburg vir haar ’n lekker tuiste.

“Ek het deur die jare ’n hegte vriendekring hier opgebou. Die mense hier is baie ondersteunend en daar’s ’n vibe wat baie anders is as op ander plekke.”

Dis ook waar haar werk is. Annelisa is sedert die eerste uitsendings van 7de laan in 2000 deel van die rolverdeling. En hoewel ’n sepie harde werk is, is dit vir haar ’n tuiste.

“Die wêreld daarbuite lyk nogal scary. Ek dink nie dis maklik om te oorleef nie,” sê sy.

“Maar ja, dit is harde werk. Die ure is lank en dit kan uitputtend wees. Ek dink dit help dat ek so fiks is.”

Tog speel sy soms nog op die verhoog. Sy was verlede jaar by Aardklop tant Nella in die gewilde P.G. du Plessis-stuk Sophia Mentz beredder haar boedel.

“ ’n Kunstefees is eintlik net soveel druk. Sophia was logistiek nogal moeilik. Ons was almal besig met ander dinge en moes by mekaar se skedules inpas. Maar dis ook die lekker ding van feeste: jy moet leer om aan te pas.”

Sy mis dit om in ’n teater op te tree.

“Deesdae is dit ’n luuksheid om ’n stuk in ’n propperse teater op te voer.”

Miskien is dit haar gesonde lewenstyl of omdat sy so klein en fyn gebou is, maar dis moeilik om te glo dat Annelisa in Februarie haar sestigste verjaardag vier.

Haar ouderdom pla haar nie veel nie en aftrede is nog ver in die toekoms, maar wanneer dit gebeur, gaan sy terug Kaap toe.

“Dit sal nice wees om weer by die berge en die see te wees.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo