News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 29°C
KPT 19°C 23°C
JHB 13°C 29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
15/11/2008 15:38  - (SA)  
fliekTYD: Les nie te versmaai nie
deur Marguerite Robinson    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

SON OF RAMBOW

Rolverdeling: Bill Milner, Will Poulter, Jules Sitruk, Jessica Stevenson, Neil Dudgeon, Anna Wing, Ed Westwick, Eric Sykes?

Regisseur: Garth Jennings

Ouderdomsperk: 10 MLV

Punt: 3 (uit 5)

Will Proudfoot (Milner) het nie veel van ’n kinderlewe nie. Sy gesin is verbonde aan The Brethren, ’n Puriteinse sekte vir wie musiek en TV taboe is. Lee Carter (Poulter) is ’n regte klein droogmaker. In die afwesigheid van sy ouers kan hy kom en gaan soos hy wil, maar is as ’t ware sy ouer broer se slaaf.

In dié Britse prent, wat in die 1980’s afspeel, word temas van broederskap ondersoek. Enersyds is daar die gelowige perspektief van The Brethren, en andersyds fokus dit op die bloedverwantskap van broers, wat helaas nie broederlike gedrag (en liefde) veronderstel nie. En dan is daar die aspek van “bloedbroers” – twee maats wat hul bloed meng en vriendskapstrou aan mekaar sweer.

Normaalweg sal Will en Lee Carter aan verskillende kante van die spektrum staan. Maar die feit dat albei pa-loos is en om verskillende redes buitestanders is, bring die twee by mekaar uit en ’n sonderlinge vriendskap ontstaan.

Lee Carter het ’n droom om ’n rolprent te maak vir ’n amateurkompetisie. Will se Bybel lyk soos ’n prentjieboek – ’n boek waarin hy ongesiens sy kinderfantasieë kan uitleef. Will se eerste kennismaking met die video Rambo: First Blood begeester hom so dat hy homself as “son of Rambow” sien. Vir die eerste keer kan hy sy verbeeldingsvlugte uitleef, en Lee Carter het ’n karakter wat hy kan verfilm. En die twee gaan oor tot aksie.

Die prent gooi ’n paar draaie met die besoekende Franse leerling Didier (Sitruk) wat by die rolprentprojek betrek word – alles om die pronkende Didier van verveelheid te red. Skielik is Will een van die uitverkorenes in die skool en word hy verblind deur sy nuutgevonde gewildheid. Maar dit is alles net bolangs – ’n “bloedbroer” is die enigste een wat werklik by jou staan.

Hoewel Son of Rambow teen die einde in die sentimentele slaggat trap, is dit soms tog aweregs genoeg om dit van ander grootwordprente te onderskei. En die lessie wat dit kinders leer oor die waarde van ’n gesin en goeie vriende is ook nie te versmaai nie.

QUARANTINE

Rolverdeling: Jennifer Carpenter, Johnathon Schaech, Jay Hernandez, Columbus Short, Greg Germann, Steve Harris

Regisseur: John Dowdle

Ouderdomsperk: 16 LV

Punt: 2 (uit 5)

Die pestilensies wat die aarde deesdae in allerlei apokalipsprente bedreig is werklik iets ysliks. ’n Mens sou sweer die einde is inderdaad naby. En Quarantine voeg sy stem by die talle wat kykers die skrik op die lyf wil jaag.

Televisieverslaggewer Angela Vidal (Carpenter) en haar kameraman (Harris) is op ’n rustige aand by die Los Angeles-brandweerstasie om ’n storie agter die skerms te maak. En dan kom die oproep deur oor bloedstollende gille wat by ’n vervalle woonstelgebou gehoor is. Angela en die kameraman gaan saam – wat vir die rolprentmakers ’n goeie verskoning gee hoekom die hele prent in semi-duisternis met ’n handkamera geskiet word.

Omdat die Centre for Disease Control vrees dat daar ’n dodelike pes in die gebou is word alle kontakstelsels met die gebou afgesny en dit word afgesper. Die spulletjie binne is op hul eie aangewese. En glo my, dit is nie ’n aangename prentjie as mense in hondsdolgedrogte verander nie. Die skuim en die bloed spat terwyl die een verskeurde lyk ná die ander agtergelaat word.

Die skree-soos-’n-maer-vark-prys gaan aan Carpenter in die rol van Angela wat in ’n stadium ’n mens se ore werklik beproef. Net soos die oorbekende variasie op ’n tema jou ook naderhand begin onderkry. En dan kom die kwansuise skokkende einde: die rolprentmakers is oorgehaal vir Quarantine 2.

FLASHBACKS OF A FOOL

Rolverdeling: Daniel Craig, Harry Eden, Angie Ruiz

Regisseur: Baillie Walsh

Ouderdomsperk: 16 LNS

’n Rolprentster (Craig) wat alte bewus is van die jare wat hom inhaal keer terug na sy tuisdorp aan die Engelse kus om die begrafnis van sy beste skoolvriend by te woon. Tydens sy besoek word hy geteister deur terugflitse in sy jeug en ’n spesifieke somer toe sy lewe onherroeplik verander is.

DISCREET

Rolverdeling: James Alexander, Anel Alexander

Regisseur: Joshua Rous

Ouderdomsperk: Onbekend met die ter perse gaan

Besoekers aan kunstefeeste het dalk al die verhoogweergawe van Discreet teëgekom. Die akteurspaar James en Anel Alexander vertolk onderskeidelik die rol van ’n Christen en ’n prostituut wie se paaie een aand kruis.

WILD CHILD

Rolverdeling: Emma Roberts, Natasha Richardson, Shirley Henderson, Aidan Quinn

Regisseur: Nick Moore

Ouderdomsperk: 10 ML

Die sestienjarige Poppy (Roberts) is ’n selfsugtige bedorwe brokkie wat in LA woon. Wanneer sy haar pa (Quin) se geduld een keer te veel beproef, word sy na ’n kosskool in Engeland gestuur waar sy spoedig kennis maak met die harde werklikheid.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo