| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 16:01 - (SA)
geselsTYD: Chantell altyd op soek na nóg uitdagings deur Martjie Roos
Dit is seker elke ouer se grootste nagmerrie dat jou tienerkind verslaaf raak aan dwelms en uiteindelik sterf weens ’n oordosis. En dit is presies wat die afgelope week gebeur het in kykNET se sepie Villa Rosa. Die tragedie waarin ’n enkelma se een seun dood is weens ’n oordosis dwelms is baie realisties uitgebeeld – veral die deel waarin die ma en haar ander seun besef hulle is te laat om te help. Die dwelms in die Martinelli-gesin kom al ’n tydjie met Roberto (Ivan Botha) wat al hoe meer vasgevang geraak het. Die booswig Shane (Deon Coetzee), wat met Roberto se ma, Isabel (Chantell Stander) uitgaan, het ook nie gehelp nie, maar die dwelmhandelaar eerder gevra om seker te maak Roberto kry ’n slegte trip. Isabel en Roberto se broer, Carlo (Kaz McFadden), kom dan op Roberto af nadat hy ’n oordosis geneem het, maar besef dit is heeltemal te laat. Van die stel af sê Chantell dwelms is vandag ’n groot probleem onder tieners en sy kan haar net voorstel deur watter hel ’n ma moet gaan wanneer haar kind in so ’n slaggat trap. “ ’n Mens wens dit geen ma ter wêreld toe nie. Ek dink enkelma’s soos Isabel het dit in sekere opsigte nog moeiliker, want die verantwoordelikheid lê twee keer swaarder op hul skouers.” Ivan, wat die rol van Roberto vertolk, dink baie ouers is so vasgevang in hul bedrywige lewe dat hulle hoegenaamd nie die tekens van dwelmmisbruik by hul kinders sien nie. “As ons net een jong dwelmgebruiker se oë kan laat oopgaam met die storie, sal dit goed wees.” Ivan (23) vertel dat hy nooit in sy lewe met dwelms geëksperimenteer het nie. “As akteur is dit nie vir my nodig om met dwelms te eksperimenteer om ’n dwelmslaaf te kan uitbeeld nie. Ek het gelukkig al nagenoeg flieks gekyk oor dwelmmisbruik en kon my eie verbeelding gebruik.” Kaz sê vir hom was die storielyn só realisties dat dit as ’t ware werklik gebeur het. “Hopelik sal dit tieners twee keer laat dink oor die nadele van dwelms. Van my vriende het self deur daardie dwelmhel gegaan en dit was skrikwekkend om te sien hoe hulle op die afdraande pad beland. Jy voel so magteloos omdat jy niks daaraan kan doen nie. Die persoonlikheidsveranderinge waardeur hulle gegaan het, was skokkend.” Wanneer Chantell, Kaz en Ivan saam op die stel van Villa Rosa is, is hulle soos ’n hegte gesinnetjie. “Kaz en Ivan is twee talentvolle en wonderlike jong mans. Dit is vir my heerlik om saam met hulle te werk en te sien hoe hulle ontwikkel en as ’t ware met hul karakters ‘hardloop’,” vertel Chantell, dié twee se sepie-ma. “Ek het sommer baie lief geword vir Ivan en Kaz en het al self soos ’n trotse ma gevoel.” Kaz en Ivan sê op hul beurt dat dit vir hulle ’n yslike voorreg is om ’n sepie-ma soos Chantell te hê. “Sy is seker die coolste sepie-ma waarvoor enige akteur kan vra,” meen Kaz. “En daarby ook die mooiste sepie-ma,” voeg Ivan by. “Chantell het vir ons as groentjies waardevolle raad op die stel gegee. Sy en Deon is albei al só gekonfyt as sepie-akteurs.” Voordat Chantell by die Villa Rosa-span ingeval het, het sy jare lank koning gekraai as die superfeeks Kimberley in Egoli. “Kimberley was ’n droomkarakter om te vertolk en ek het haar soos die palm van my hand geken. Maar ek moes die beeld van Kimberley een of ander tyd afskud en ek kon nie die rol van ’n superfeeks vir ewig vertolk nie.” Isabel, daarenteen, het ’n wonderlike dualiteit wat vir Chantell ’n lekker uitdaging is. “Isabel het ’n broosheid, maar sy het ook ’n baie sterk kant aan haar. “Sy het wel ’n paar lelike klappe van die lewe weg en moet haar skoene vol staan as enkelma. En sy sukkel aanvanklik om haar voete te vind. “Met die traumatiese gebeure op die stel van Roberto se oordosis het ek weer besef sy is ’n ma wat enigiets in haar vermoë sal doen om haar twee seuns te beskerm en hul foute te verbloem.” Ná Egoli het Chantell se loopbaan ’n hele paar draaie geloop. Sy het in verskeie internasionale rolprente en TV-reekse wat plaaslik verfilm is gespeel, haar eie produksiemaatskappy gestig vir die vervaardiging van korporatiewe programme en ook ’n ruk insetsels vir Pasella geregisseer. Sy is ’n gekwalifiseerde holistiese terapeut en het meer onlangs betrokke geraak by ’n sake-ontwikkeling in die omgewing van FMCG (Fast Moving Consumer Goods). “Ek was nog altyd iemand wat meer as een ding wou doen. Ek is twee dae per week op die stel van Villa Rosa en die res van die tyd doen ek sake-ontwikkeling.” Hoewel sy vroeër meer in die kollig beweeg het en ook as een van die mooiste aktrises in ons land bestempel is, was sy eintlik maar nog altyd sku vir publisiteit. “As aktrise moet jy aanvaar dat die publiek se aandag deel van jou werk is. Toe ek in Egoli gespeel het, het ek meer in die pad van die radar-oog beweeg. Maar ek koester eintlik nog altyd my privaatheid en was nooit ’n sosiale vlinder nie.” Egoli was vir haar die beste leerskool wat sy kon kry. “Franz Marx is ’n perfeksionis en daar leer jy niks minder nie as die beste is goed genoeg.” Ivan en Kaz is twee veelsydige en kreatiewe akteurs wat beslis nog hul merk in ons plaaslike bedryf gaan maak. Rolprentkykers sal Ivan herken as Wimpie Koekemoer in die fliek Bakgat en hy is tans besig om te werk aan nog ’n nuwe rolprent, Hond se dinges, wat vroeg in 2009 uitgereik word. Daar’s ook ’n tweede Bakgat-rolprent op pad, vertel Ivan, wat met die aktrise Ciske Krüger getroud is. Die rol van Carlo in Villa Rosa is Kaz se eerste groot TV-rol en hy wil in die toekoms beslis sy gewig meer in die plaaslike bedryf ingooi. “Toneelspeel is harde werk, maar ek glo jy moet realisties wees oor die bedryf en altyd meer as jou beste lewer.” Chantell se foto’s is geneem by enStyle Concept Store in 14de Laan, Northcliff. www.enstyle.co.za
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|