| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 16:01 - (SA)
geselsTYD: Erald gryp elke geleentheid aan deur Alita Vorster
Erald Felix is iemand wat in elke ervaring ’n nuwe geleentheid soek. ’n Jaar of twee gelede is hy pimpel en pers in die gesig geskop toe hy tydens ’n gewapende rooftog in ’n winkel deur rowers aangeval is. Agterna het hy bloot gesê hy het met hierdie nare ervaring ’n rolprentidee ryker geword. Televisiekykers het hom die afgelope dekade en ’n half leer ken as mede-aanbieder van die natuurprogram 50/50. Erald het ook sy lyf rondgeswaai in die derde Strictly Come Dancing-reeks. Soms was die welige haredos stemmig teruggejel wanneer hy in ’n aandoak saam met sy dansmaat, Mary Martin, oor die dansvloer gegly het, maar hy was onmiskenbaar Erald. Oor een ding was Erald nog nooit skaam nie. Dit is die feit dat hy van gemengde herkoms is en dat hy in Manenberg, op die Kaapse Vlakte, grootgeword het. Dit is juis hierdie trots oor sy erfenis wat gelei het tot die nuwe tydskrif Izzit wat pas die lig gesien het. Hierdie tydskrif fokus spesifiek op lesers van gemengde herkoms. Vir Erald is die term “kleurling” heeltemal onaanvaarbaar en hy is ongemaklik met die term “bruin mense”. “Die vorige regering het mense saamgegroepeer onder hierdie term al verskil hul agtergrond hemelsbreed. Ek beskou dit as die uiterste vorm van minagting as een mens vir ’n ander sê: ‘Ek besluit wie jy is, en basta!’ Ons het ’n identiteit gehad lank voordat daar besluit is wie ons is. “Met ons tydskrif wil ons mense juis aanmoedig om in gesprek te tree oor baie dinge soos herkoms en genealogie. As jy na die slawe se herkoms kyk sien jy daar is ’n pragtige geskiedenis daaragter. Niemand kan die verlede herskryf nie. Onder die slawe was daar mense uit die adelstand, mense met ryk en kleurvolle tradisies. Met die tydskrif wil ons graag die gesprek aan die gang sit, die mense aan die praat kry. Daar is te veel Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat nie ’n stem het nie. Ons wil hulle die geleentheid bied om hulle te laat hoor.” Erald loop al ’n geruime tyd met die gedagte om so ’n tydskrif aan die gang te kry. Fatima Abdool, wat Matrone in Binnelanders speel, het dieselfde droom gekoester en uiteindelik het die twee se planne saamgesmelt met die hele konsep van Izzit. Met hierdie tydskrif wil hulle juis vir die gemeenskap wat uit mense van gemengde herkoms bestaan sê: “Kyk rond, daar is baie rolmodelle vir julle! Ons gemeenskap het baie om met die wêreld te deel!” Erald, wat die uitvoerende redakteur van Izzit is, vertel sy liefde vir Afrikaans kom ’n lang pad. As seuntjie moes hy altyd die Kyk- en See-fotoverhale vir sy ouma voorlees. Sy het die mooiste Afrikaans gepraat. Nadat die gesin van Port Elizabeth na Manenberg verhuis het, het sy ouma hom grootgemaak. Sy ouma was vir hom in baie opsigte ’n wonderlike rolmodel. By haar het hy onder meer geleer om daar te wees vir ander. “Sy het altyd gesê jy hoef nie almal se vriend te wees nie, maar jy moet probeer om vir die mense wat jou pad kruis ’n goeie woordjie te hê. Dalk wag daardie persoon net vir jou om iets te sê wat sy lewe gaan omkeer. My ouma het my ook geleer om alles wat ek aanpak, klaar te maak. Dit is iets wat ek vandag nog by my kinders inprent.” Erald het saam met Fatima groot planne om ’n kommunikasiemaatskappy op die been te bring. Hulle wil oral, ook op die klein dorpies, opleiding verskaf in alle aspekte van die kommunikasiebedryf. Erald het al talle fotografiekursusse aangebied waarin hy veral op jong leerders gekonsentreer het. Erald is die pa van twee kinders: Hayley, sy dogter wat op die gebied van vermaaklikheidsreg praktiseer, en Ethan, sy seun wat nou in graad 11 is. Ethan wil graag grafiese kuns gaan studeer. “Selfs in die dae toe ek by 50/50 betrokke was, het ek my kinders dikwels ’n naweek saamgeneem wanneer ek iewers ’n storie gaan doen het. Dan het ek hulle deeglik ingespan.” Erald vertel my hoe hy eintlik na die Amerikaanse akteur Errol Flynn vernoem is. Toe sy ma hom geregistreer het, het een of ander staatsamptenaar besluit om sy naam Erald te spel. “Ek was al in matriek toe ek vir die eerste keer op die amptelike dokumente sien hoe my naam gespel is. Dit is weer ’n geval van minagting.” In Erald Felix is daar ’n trots op wie hy is en waar hy vandaan kom. Vir hom is dit belangrik dat almal wat van gemengde herkoms is dieselfde trots in hulle moet ronddra en dat dit uiteindelik in die gemeenskap weerspieël sal word. “Hoekom lyk dit asof die sogenaamde kleurlinggroepe hier onder rondhang? Hoekom is daar soveel wat betrokke is by gangsterism? Hoekom is drankmisbruik en dwelmmisbruik so groot? Daar is baie van ons gemeenskap wat professioneel word, wat uitstyg bo hul omstandighede, maar die oorgrote meerderheid is nog in die negatiewe draaikolk vasgevang. Dis beslis nodig dat daar gekyk word na die oorsake daarvan sodat dit getakel kan word. Ons wil die gesprek aan die gang kry en as Izzit dit kan regkry, het ons in ons doel geslaag.” Wanneer Erald Felix met ’n groep jong mense werk, hulle oplei, leer hy hulle terselfdertyd sekere lewensvaardighede. Dan is die boodskap wat hy hulle gee die volgende: Elkeen is hier om ’n doel. Elkeen is spesiaal. Die wêreld wag vir jou, wag vir jou idees en gedagtes. Niemand durf dit wegsteek nie. Erald Felix het beslis al bewys hy is nie iemand wat sommer tou opgooi nie. Hy weet hoe om vas te byt. Sy vasberadenheid verduidelik hy soos volg: “ ’n Mens leer die beste wanneer jy ongemaklik voel in ’n situasie. Wanneer jy ongemak ervaar, vra jy vrae en soek jy ’n oplossing. Eers wanneer ’n mens lank genoeg in daardie ongemaklike situasie verkeer, kom jy uiteindelik by die regte punt uit. Daarom durf jy nie te gou tou opgooi nie!” Erald glo aan vasbyt
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|