| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Beleid ’n kruk vir hulpeloses Lizel Steenkamp
Bevoorregting van die wieg tot die graf. Dít is die ingesteldheid wat regstellende aksie ná 38 jaar onder die Bumiputras in Maleisië gekweek het. “Hulle is so gewoond aan die voorregte dat hulle glo hulle is daarop geregtig,” sê prof. Te-rence Gomez van die departement politieke ekonomie aan die Universiteit van Maleisië. Gomez is een van die felste kritici van die “nuwe ekonomiese beleid” (NEB) – die Maleisiese kodewoord vir regstellende aksie. Die NEB word sedert 1971 toegepas om die ongelykhede tussen die Bumiputras (60% van die bevolking) en die res van die Maleisiërs – Chinese (25%) en Indiërs (8%) uit te wis. Gomez sê regstellende aksie het eerder ’n kruk geword pleks van om ’n Bumiputra-werkersklas te skep wat toegerus is met vaardighede en kennis. Dr. Mohamed Ariff, uitvoerende direkteur van die Maleisiese Instituut vir Ekonomiese Navorsing, stem saam die gratis onderwys, kwotas by staatsuniversiteite, afslagbehuising en -aandele, spesiale toegang tot staats- tenders en finansiering en werkreservering in die staatsdiens en private sektor het die Bumiputras afhanklik gemaak van die regering. “Hulle staan bakhand vir aalmoese en leer nie om op hul eie te presteer nie.” Onderwys van hoë gehalte moet die Bumiputras van die regering speen. Maar volgens Gomez het Maleisië juis “een hele geslag verloor” omdat onderwysstandaarde drasties gedaal het. “Jy sit met gegradueerdes wat nie die werk kan doen nie.” Ook is die mededingende ingesteldheid vervang deur ’n klimaat van middelmatigheid wat Maleisië se plaaslike poel van entrepreneurs oor dekades heen vernietig het. Die “Chinese kapitaliste” het mettertyd minder in hul klein- en middelslagondernemings belê uit vrees vir die regering se rasgegronde beleid. Só moet maatskappye wat op die aandelebeurs genoteer is, minstens 30% van hul aandele teen afslagpryse aan Bumiputras verkoop. Dit het plaaslike beleggings so geknou dat Maleisië deesdae grootliks van buitelandse investering afhanklik is. “Dít is waarskynlik die grootste tragedie van regstellende aksie,” sê Gomez. Ariff verskil. Hy sê met NEB ís twee dekades lank welslae behaal omdat Maleisië ’n ekonomiese groeikoers van meer as 7% gehandhaaf het. “Die Bumiputras moes by die ekonomie betrek word om te verseker die koek wat almal deel, groei.” Maar volgens hom sal Maleisië regstellende aksie vir eers moet laat vaar weens die dreigende globale resessie. Hoewel die NEB ’n Bumiputra-middelklas geskep het, het dit die ongelykheid tussen die elite en die armstes vererger. “Die kritiek is nie jeens die beleid nie, maar oor hóé dit toegepas is. Almal het in ’n mate by die NEB gebaat, maar die meeste Bumiputras het net die krummels gekry wat van die tafel geval het.” Korrupsie, baantjies vir boeties en geslote tenderprosesse het meegebring dat ’n klein elite hulself verryk het ten koste van die 38% Bumiputras wat steeds onder die armoedsgrens leef. “Die 20% van die ekonomie wat in Bumiputras se besit is, behoort eintlik aan ’n uitgesoekte groepie mense met noue bande met die regerende party,” sê Gomez. Die NEB is die afgelope vier dekades reeds drie keer hersien en is die regerende Barisan Nasional se grootste lokaas tydens verkiesings. Maar die onreg het kiesers nie ongesiens verbygegaan nie en die Barisan Nasional is pas sy tweederde-meerderheid ontneem. Bumiputras het in Maart vanjaar vir die eerste keer téén die regerende party en sy NEB soos dit sedert 1971 toegepas is, gedraai. Hulle het in groot getalle vir die Pakatan Rakyat-opposisieparty gestem wat onbeskroomd sê die NEB kan nie langer op grond van ras toegepas word nie. Vir Gomez is dít die grootste aanduiding tot nog toe dat Maleisiërs moeg is vir rassepolitiek en die korrupsie wat daarmee gepaardgaan. “Regstellende aksie is eksklusief, dit sal altyd ’n segment van die bevolking vervreem. Jy skep ’n samelewing wat nooit verby ras kan kyk nie. Dit saai verdeeldheid en as nasiebou misluk, gebeur dit wat ons jare lank ervaar: ’n breinkwyn.” Volgens hom is Maleisië nié ’n suksesverhaal nie. “Die dinamiese maatskappye behoort aan buitelanders en ons het ons plaaslike talent vervreem. “Die infrastruktuur wek ’n goeie indruk, maar dienslewering is swak omdat standaarde (in die staatsdiens) verlaag is.” Die NEB het wel armoede verlig en die werkloosheidsyfer is nou 3%. “Maar talle gegradueerdes is oorgekwalifiseer vir die poste wat hulle beklee,” sê dr. Zainal Mahani, hoof van die Instituut vir Strategiese en Internasionale Studies. Volgens haar is die NEB onontbeerlik vir politieke stabi-liteit. “Opstande sál uitbreek as die land se rykdom in ’n minderheidsgroep gesetel is. Die vraag is hóé om 30% van die rykdom aan die Bumiputras oor te dra en te sorg dat hulle dit volhoubaar bestuur.” Gomez sê regstellende aksie moet net in uiterste gevalle toegepas word en dán moet dit klasgegrond wees. “Die enigste antwoord lê in onderwys en opleiding van hoë gehalte, nié in die herverdeling van rykdom of inmenging in die ekonomie nie. Gee jou armes die vaardighede sodat hulle die arbeidsmark kan betree.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|