| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Regstel-aksie kan land verlam Lizel Steenkamp
Sonder ’n verantwoordbare regering sal Suid-Afrika dieselfde pad stap as Maleisië, waar regstellende aksie gekaap en vier dekades lank deur politici en hul makkers misbruik is. “ ’n Selektiewe beleid soos regstellende aksie sál ontaard en gekorrupteer word as politici carte blanche het en nie aanspreeklik gehou word nie,” waarsku prof. Hong-Hai Lim van die Universiti Sains Malaysia in Penang. Misbruik is algemeen in eenpartystate soos Maleisië waar die Barisan Nasional-party sedert 1957 regeer sonder ’n sterk opposisieparty om hom in die bek te ruk. Dis ironies dat die BN in Maart vanjaar vir net die tweede keer in sy bestaan sy tweederdemeerderheid afgestaan het oor regstellende aksie – die lokaas wat hy nog altyd ingespan het om stemme te werf. Só het Maleisiërs in die algemene verkiesing met hul kruisies geprotesteer teen die wyse waarop die BN regstellende aksie sedert 1971 toepas. “Dit is die les wat Maleisië geleer het: Die politici en burokrate wat die beleid moet toepas, help hulself eerste. Hulle eien die grootste deel van die voordele vir hulself toe en die armes word aan hul eie lot oorgelaat.” Lim se spesialisgebied is die staatsdiens. Hy sê die burokrasie moet verteenwoordigend van die bevolking wees. Dit is ook ’n groot werkskepper in lande waar regstellende aksie geld om ongelykhede tussen rasse uit te wis. Máár: regstellende aksie kan dienslewering verlam as dit onoordeelkundig toegepas word. “Ons almal weet jou vermoë om dienste te lewer kwyn as jy regstellende aksie toepas omdat jy minder vaardige mense inneem. “Die geheim is balans. Jy gooi nie alle meriete en standaarde oorboord nie. Jy beheer die pas waarteen jy regstellende aksie instel sodat dienslewering nie gans en al ingeboet word nie.” Regeringsleiers moet dié beginsel aan kiesers oordra. “Jy kan nie die deure oopgooi en enigiemand in diens neem nie. Die hele staatsdiens sal in duie stort en dan ly almal in elk geval daaronder.” Lim sê regstellende aksie moet hersien word na gelang van die omstandighede. As die ekonomie stadiger groei, moet die teikens en spertye hersien word. “Dit sal gek wees om dit nié te doen nie.” Regstellende aksie kan nie vir ewig voortduur nie. “Die pas kan stadig wees, maar die spesiale voorregte móét tot ’n einde kom. So nie word mense ontmoedig om hulself te verbeter en word die wil om te werk, gedemp.” Voorts sal staatsamptenare slaplê as ministers nie van bestuurders vereis om produktief te wees nie. “In Maleisië het ministers dit nie gedoen nie en laks amptenare het skotvry gekom. Die ministers het hul plig versaak, want daar was geen risiko dat hulle hul politieke mag sou verloor nie. Daar was dus nie politieke druk op politici of die staatsdiens om te presteer nie.” As kiesers politici aanspreeklik hou, sal ministers sorg dat staatsamptenare werk. “Dienslewering berus op jou vermoë – vaardighede en geld – en die wíl om te werk. Sonder aanspreeklikheid is daar geen wil nie, en sonder dít kan jy vergeet van ’n funksionerende staatsdiens.”
|
|||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|