| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Bevoordeeldes ‘verwag die hele tyd gunste’ Lizel Steenkamp
“Hoe kan ek berus in ’n beleid wat teen my en my kinders diskrimineer?” vra die Chinese sakeman. Mnr. Yl Fong spoeg bitter woorde. Sy lippe is twee dun strepe. “Hulle kla oor die Chinese, maar ons sloof ons af om te oorleef.” Om ons skarrel stedelinge, doelgerig soos miere, in Kuala Lumpur se oggendverkeer op pad werk toe. Dis ’n mengelmoes van Indiërs, Chinese en Bumiputras – eg Maleisiese boorlinge wat sedert 1971 deur regstellende aksie bevoordeel word. “Toe hulle met die beleid begin het, móés ons Chinese hierby aanpas. En ná al die jare word ons steeds verwyt omdat ons ’n aanvoeling het om sake te doen.” Die Chinese, wat ’n kwart uitmaak van die Maleisiese bevolking, besit vandag sowat 40% van die ekonomie. Die Bumiputra (60% van die bevolking) se aandeel het die afgelope vier dekades gestyg van 2% tot 20%. Talle van Fong se vriende en kennisse het na Singapoer en Australië geëmigreer. Hy is die derde generasie Fongs in Maleisië, ’n afstammeling van die Chinese wat deur die Britte ingevoer is om in die tinmyne te werk. Hy is vandag ’n middelklas burger wat ongeag “ ’n diskriminerende regering” ’n bestaan maak “omdat ek lang ure werk”. “Die Bumiputras kry gratis onderwys. Staatsuniversiteite is vir hulle gereserveer én werk in die staatsdiens. Hulle kry regeringstenders en afslag op behuising, lisensies vir taxi’s en ondernemings. Maar dít is ook nie genoeg nie.” Regstellende aksie het Maleisië se Indiërbevolking (sowat 8%) egter die swaarste getref. Dié groep se aandeel in die ekonomie is 38 jaar later steeds onveranderd op 1,5%. Die grootste kritiek is dat Indiërs in dié tydperk stelselmatig verarm het, maar nie vir opheffing kwalifiseer nie omdat dit vir Bumiputras gereserveer is. “Hulle kry álles. Dis onregverdig, maar dis hoe dit is,” sê me. Uma Rajat, ’n 29-jarige Indiërvrou. Sy staan onder ’n verslete sambreel op ’n straathoek in Petaling Jaya, ’n voorstad van Kuala Lumpur. Hier vleg sy jasmyn in stringe aan piesangblare vir Hindoe-rituele. “Ek wil studeer, maar die blomme bring geld in.” Sy is een van 11 kinders en woon by haar ouers. Haar gesin is afstammelinge van Indiërs wat in die 1930’s hierheen gebring is om in rubberplantasies te werk en byna ’n eeu later steeds ’n sukkelbestaan voer. Luidens 2007 se statistieke is ’n derde van Maleisië se halfmiljoen Indiër-huishoudings in die laagste inkomstegroep, wat minder as R6 000 per maand verdien. Voorts toon die einste syfers byna vier uit elke tien Bumiputra-huisgesinne (38%) is ook in dié inkomstegroep, ten spyte van ’n ekonomiese beleid wat reeds sedert 1971 daarop gerig is om ongelykhede tussen die Bumiputras en die res van die bevolking uit te wis. Dis om dié rede dat mnr. Jamaluddin Dasi, ’n Bumiputra-kunstenaar, sê regstellende aksie het deels misluk. “Daar is verskriklike korrupsie. Dieselfde mense word oor en oor bevoordeel. Die probleem is ook dat Bumiputras heeltyd gunste verwag, hulle wil net meer en meer hê.” Tog dink hy regstellende aksie moet vir nog ’n dekade geld. “Ons is nog te ver agter. Maar dit moet eendag eindig, anders sal ons nooit leer om onafhanklik te wees nie.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|