News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
    Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 29°C
KPT 19°C 23°C
JHB 13°C 29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 20:37  - (SA)  
‘Grond is rykdom, die lewe my leerskool’
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kevin Abdrawan (36) is “in die oerwoud” in die suide van Maleisië gebore. Hy het soggens deur ’n rivier met krokodille skool toe geswem.

Van spoeltoilette, elektrisiteit of ’n telefoon het hulle nie geweet nie.

Dit was ’n nagmerrierit na Kuala Lumpur, ás jy so gelukkig was om ’n motor te besit.

“My pa het my op 11 uit die skool gehaal. Hy’t gesê as ek geld kan tel, weet ek genoeg. Toe is ek plaas toe om te boer.”

Abdrawan is ’n toergids in die Maleisiese hoofstad. Hy is ’n Bumiputra, of “Son of the Soil”.

As ’n eg Maleisiese boorling word hy bevoordeel deur regstellende aksie wat sedert 1971 hier geld. Dié beleid moet die Bumiputras, wat 60% van die Maleisiese bevolking uitmaak, uit erge armoede ophef.

Sy vertroue is onwrikbaar in die Barisan Nasional (BN) – ’n koalisie van minstens 13 politieke partye – wat sedert 1957 regeer.

“Mense kla oor korrupsie. Ek sê dis orraait, hulle kan maar ’n bietjie (geld) vat solank hulle na my ouers in die oerwoud kyk.”

Abdrawan oordeel die BN aan die verandering in lewenstandaard. “Die regering was goed vir ons. Ons dorpie het nou ’n hospitaal, skool, water en elektrisiteit. Daar is paaie en internet wat my pa-hulle nie wil gebruik nie.”

Hy is liries oor die land se infrastruktuur en onderwys. “Ek is al 18 jaar in Kuala Lumpur. Ek het gesien hoe dinge verander. Die stad ontwikkel heeltyd én dis veilig.”

Kritiek teen die vorige staatshoof, mnr. Abdullah Badawi, is vir hom vergesog.

“Jy kan nie vir 25 miljoen mense gee wat hulle wil hê nie. Nes ’n pa nie alles op een slag vir al sy kinders kan gee nie. Dié wat kla oor inflasie moet harder werk as hulle Starbucks(-koffie) wil drink, of in die trein werk toe ry. Jy besef hoe maklik ons dit het as jy op die Discovery-kanaal sien hoe mense in Afrika leef.”

Abdrawan wil oor twee jaar terugkeer “oerwoud” toe om sy pa se plaas in ’n kommersiële boerdery te omskep.

Die regering betaal sy deeltydse landbou-opleiding. Hulle voorsien die kapitaal om die boerdery aan die gang te kry en ontvang 60% van die wins. Die boerdery word eers ná vyf jaar aan hom oorgedra wanneer hy die vaardighede het om dit op sy eie te bestuur.

“Ek het nie ’n graad nie, die lewe is my leerskool. Boere slaap op hul geld.

“Grond is rykdom en die regering gaan my help om daarop te plant.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo