| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Jy sukkel nie met Guevara nie, sê Del Toro oor Che-fliek Londense kantoor
Om die skoene van die legendariese Che Guevara in ’n fliek vol te staan is die moeilikste rol wat ’n akteur kan kies. Só sê Benicio Del Toro, akteur en mede-vervaardiger van die rolprent Che, in ’n onderhoud in die Britse dagblad The Guardian. “Jy sukkel nie met Guevara nie,” sê Del Toro, “want jy het hier met geskiedenis te doen. The Guardian bestempel Del Toro as Hollywood se beste akteur sedert Marlon Brando en sê die fliek is aksiebelaaid, maar sonder ’n verhaal. Del Toro grom meer as wat hy praat in die fliek se speeltyd van vyf uur. Die prent word in twee dele uitgereik en Guevara word net uitgebeeld as ’n vryheidsvegter in die oerwoud in Kuba en Bolivia, skryf The Guardian. Die eerste deel, The Argentine, word op 2 Januarie in Brittanje uitgereik. Volgens The Guardian sê die fliek ook niks oor Guevara se agtergrond as politikus, skrywer, reisiger en ikoon nie. Del Toro het sewe jaar gesukkel om genoeg geld bymekaar te kry om die fliek te maak. Hy sê dit was moeilik om beleggers te kry, want “Guevara is nie die gewildste held in Amerika nie”. Die ander hindernis was dat die fliek in Spaans is. Del Toro sê sy belangstelling in Guevara is deur die Rolling Stones geprikkel wat in 1980 oor hom gesing het in hul liedjie Indian Girl. Die wyse waarop Guevara (toe 39) in 1967 sonder verhoor in opdrag van die CIA deur Boliviaanse soldate tereggestel is, het hom die meeste aangegryp. “Hy is soos ’n oorlogsmisdadiger vermoor. Hy moes ’n regverdige verhoor gehad het,” sê Del Toro.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|