| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Oorwinning teen Mugabe André le Roux
Media24-Afrika-kantoor, Windhoek ‘Sal Mugabe aan hierdie uitspraak gehoor gee?” Dit was die eerste vraag wat ’n verdwaasde mnr. Mike Campbell (73) aan sy skoonseun mnr. Ben Freeth (38) en sy advokaat, mnr. Josephat Tshuma, gevra het. Met die letsels van die wrede aanval op hom deur Zanu-PF-milisielede duidelik op sy verweerde gesig en sy oë vol trane het Campbell Vrydag in een van Namibië se mees historiese geboue, die ou Turnhalle, gehoor hy het sy saak teen Mugabe se beslaglegging op sy plaas gewen. In die proses het hy en nog 77 Zimbabwiese boere nou nie net die reg op billike vergoeding nie, maar ook die reg om hul plase te behou en voort te gaan met hul boerdery. “Die onus is nou op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om dié uitspraak op Robert Mugabe af te dwing – of sy eie tribunaal se geloofwaardigheid ná sy eerste uitspraak te vernietig deur dit nie te doen nie,” het Tshuma met sy arm om Campbell gesê. Ingevolge die uitspraak van die SAOG-tribunaal het die Mugabe-regering ook nou die plig om die oorblywende wit boere van Zimbabwe op hul plase te beskerm. Alles het vir Campbell en sy gesin op Sondag 29 Junie vanjaar begin terwyl Robert Mugabe hom laat inhuldig het vir sy vyfde ampstermyn ná die chaotiese verkiesing met een kandidaat twee dae tevore. ’n Bende jeugdiges het op sy plaashuis in die Chegutu-distrik toegesak en Campbell, sy vrou, Angela (66), en Freeth is met geweld na ’n berugte Zanu-PF-milisiekamp weggevoer waar hulle twee dae lank gemartel is. Campbell is bewusteloos geslaan en het sy gehoor in sy linkeroor verloor. Met sy hand bakgemaak om sy regteroor kon hy die uitspraak Vrydag met moeite hoor. Mev. Angela Campbell se skouer is in die martelkamp só gebreek dat sy staalpenne in haar arm moes kry. Sy het nog nie die volle gebruik van haar arm herwin nie en het by vriende in Zimbabwe agtergebly. Freeth het skedelbreuk opgedoen en moes breinchirurgie ondergaan. Hy het sy reuksintuig verloor en dit sal volgens sy dokters nog ses jaar duur voordat hy volkome sal herstel. Sowel Campbell as Freeth loop nog met moeite weens die skade aan hul voetsole wat twee dae lank met knuppels geslaan is. Vrydag het die vyf regters van die SAOG-tribunaal in die eerste uitspraak van dié aard “ ’n afdwingbare uitspraak gelewer wat Mugabe en veral nie die SAOG kan verontagsaam nie”, het Tshuma gesê. Kortliks kom die uitspraak op die volgende neer: • Die Zimbabwiese regering, “as die gesag wat die plaasbesettings uitgevoer het, moet die betrokke boere genoegsaam vergoed”, het regter Luis Mondlane van Mosambiek namens die volbank van vyf regters gesê. • Die Zimbabwiese grondwet wat die plaasbesettings “gewettig” het, is onwettig ingevolge die SAOG se stigtingsverdrag én die protokol van die tribunaal self. • Die plaasbesettings en oornames was net teen wit boere gerig en daarom rassisties en diskriminerend. • Zimbabwe, soos al die ander SAOG-lande, se soewereiniteit is ondergeskik aan die SAOG-verdrag. “Die regters se uitspraak was soos hamerslae in my kop. Ná alles wat ons deurgemaak het, het ons hier in Windhoek gesien begrippe soos demokrasie, menseregte en die regsorde is nie wegdoenbare Westerse begrippe nie. Dis universele waardes waarin Afrika ook glo,” het Campbell gesê. Toe Campbell gevra is oor die toekoms, het hy met ’n knop in die keel geantwoord: “Ek wil nou huis toe gaan.”
|
|||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|