News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
    Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 14°C 29°C
KPT 18°C 24°C
JHB 12°C 26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 20:37  - (SA)  
Protesliedjie oor Zim vir welsyn
Karin Burger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Ard Matthews, hoofsanger van die groep Just Jinjer.

Verwante Berigte
  • Luister: Fight for Zimbabwe

  • Kaapstad

    Toe die stembrief vir die tweede presidentsverkiesing vanjaar in Zimbabwe net die naam Robert Mugabe op gehad het, het Ard Matthews, hoofsanger van die groep Just Jinjer, uit protes ’n liedjie geskryf.

    Nou wil hy met dié lied geld insamel vir ’n liefdadigheidsorganisasie.

    Met “Fight for Zimbabwe” prys hy Morgan Tsvangirai omdat hy Mugabe teengestaan het. En hy kritiseer die res van die wêreld wat met gevoude hande toegekyk het hoe Tsvangirai deur Mugabe en sy trawante geboelie word.

    “As jy van ’n plek af weggaan, doen jy meer moeite om op die hoogte met die nuus te bly as wanneer jy nog daar is,” het Matthews verlede week uit Los Angeles aan Rapport gesê. Hy en die ander lede van Just Jinjer het in 2000 na Londen verhuis en in 2003 in Amerika wortel geskiet.

    “Ek was opgewonde oor die vooruitsig van ’n regverdige verkiesing in Zim. Maar toe ek sien hoe dit eindig, was ek die moer in,” sê hy in perfekte Afrikaans. Hy het “Fight for Zimbabwe” die week ná die verkiesing geskryf.

    “Die liedjie is ’n solo-poging en dit het niks met Just Jinjer te doen nie.

    “Ek is die internasionale ambassadeur vir die liefdadigheidsprojek My Life Foundation in Kaapstad, waar hulle met gerehabiliteerde straatkinders werk.

    “Die liedjies wat ek as Ard Matthews skryf, wil ek aanlyn verkoop en die geld vir die kinders gee. Die Zim-liedjie is net een van dié liedjies.”

    “Fight for Zimbabwe” kan reeds op www.ardmatthews.com gehoor word, en oor ’n week of twee sal mense dit ook kan koop en van die internet aflaai.

    Wat Matthews se liefdeslewe betref, gaan dit nog uitstekend met hom en die model Landi Swanepoel.

    Hulle was juis aan die ontbyt koop toe hy met Rapport gepraat het.

    Swanepoel is die Peroni-gesig en ’n model vir Guess en Victoria’s Secret.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Motor- & huisversekering
    Kry R100 gratis by Piggs Peak
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo