| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Eksklusief: Paartjie vertel oor nag van vrees in Moembaai Anton Vermeulen & Marenet Jordaan
Johannesburg Eers het dr. Marc Roscher gedink iemand skiet klappers. Maar toe sien die Durbanse dermatoloog mans buite die venster van sy kamer in die Taj Mahal-hotel hardloop. Hulle het outomatiese gewere gehad. En hulle het geskiet. Dit was elfuur Woensdagaand. Hy het die televisie probeer aanskakel, maar dit was dood. Die telefoon ook. Met sy selfoon het hy op CCN se webblad die ondenkbare gelees: terroriste het Moembaai binnegeval. En hy en sy vrou, Ida, was midde-in die drama vasgekeer. Om middernag het die hotel-telefoon in hul kamer gelui. “Bly in jul kamer,” was die kalm opdrag. Hulle het elke meubelstuk in daardie kamer voor die toe deur gepak. En toe probeer slaap. Wat hulle nie geweet het nie, was dat byna 200 mense voor die einde van die week sou sterf in ’n bloedige terroriste-aanval. Teen daardie tyd het minstens tien mense alreeds dood gelê in die vertreksaal van die Chatrapati Shivaji-spoorwegstasie daar naby. En nog aanvallers het die bemanning van ’n visserskuit oorval, hulle geblinddoek, een keel-af gesny en Moembaai toe gevaar. Die Taj, die bekende Leopold’s Bar, ’n Joodse sentrum, die Trident Oberoi-hotel en twee hospitale was van hul teikens. Om twee-uur het die skote in die gang voor die Roschers se kamer geklap. Dit was die begin van die langste nag van hul lewe. Uur ná uur het hulle angstig in die kamer rondgedwaal, die selfoon se internetdiens hul enigste bron van inligting oor die chaos wat in die stad rondom hulle ontvou het. Buite het die moordbendes verwoesting gesaai in Moembaai se toeristegebied. Hulle het mense voor die voet doodgeskiet, handgranate laat ontplof en brande gestig. Terwyl die gewapende terroriste – met ammunisie en droëvrugte in hul rugsakke – hul moordtog voortgesit het, het die Moembaaise polisie buite die Roschers se hotel gereed gemaak vir ’n gewaagde ontsettingsoperasie. Iewers in die oggendure van Donderdag het die polisie die hotel bestorm. Die hoof van die Indiese teenterreur-eenheid, komm. Hemant Karkare, was saam, maar hy sou later sneuwel. Sy kollegas het deur die nag van verdieping tot verdieping gegaan en paniekerige gaste uit hul kamers gered. Teen tienuur Donderdagoggend was hulle op die negende verdieping by die Roschers. Hulle het aan die deur gehamer en geskreeu: “Polisie!” “Ek het nie geweet of dit terroriste of die polisie is nie, of ek moes oopmaak of wegkruip nie,” het Marc gesê. Toe hoor hy stemme soos op ’n polisie-radio en besluit om hulle te vertrou. Buite sy deur het tien gewapende Indiese polisiemanne en ’n groepie hotelgaste gestaan. “Toe het ek geweet dit is verby,” het Marc vertel. Maar hulle was nog nie veilig nie. Iewers in die hotel het daar steeds terroriste geskuil. Tientalle gaste was steeds vasgekeer. Die polisiemanne was gespanne, die verskrikte gaste doodstil. Die polisie het hulle met die trap ondertoe begelei. Hoe verder hulle gegaan het, hoe erger was die verwoesting. Oral was bloed en koeëlgate. En menslike weefsel. Die restaurant op die grondvloer is feitlik verwoes. Die Roschers is saam met die ander gaste na die polisie se hoofkantoor gebring en ondervra. Hulle moes hul paspoorte wys om te bewys dat hulle gaste is en nie indringers nie. Hulle is na ’n ander hotel gebring waar hulle kon eet en slaap. Gisteroggend is die Taj uiteindelik veilig verklaar nadat die laaste drie terroriste daar doodgeskiet is. Teen druktyd het die polisie steeds na gaste gesoek. Marc was gister in Jaipoer, sowat 1 200 km van Moembaai af. Die Roschers keer eers op 8 Desember, wanneer hul sake afgehandel sal wees, terug van Indië. Maar dit is ’n ander Indië as die een waarin hulle dae tevore aangekom het. Almal is verslae. Mense drom saam om televisiestelle waarop nuus uit die finansiële hoofstad vertoon word. Daar is bitter min Westerlinge oor. Die Roschers word oorval deur Indiërs wat wonder wat hulle nog hier doen. “As hulle hoor wat met ons gebeur het, wil hulle probeer vergoed met klein geskenkies. Dis asof hulle skuldig voel.”
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|