News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
    Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 28°C
KPT 16°C 23°C
JHB 16°C 24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 20:37  - (SA)  
...en toe bly hulle aan in Indië
Marenet Jordaan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Marc Roscher en sy vrou, Ida, van Umhlanga was tydens die Moembaai-aanvalle in die Taj Mahal-hotel. Hulle het ongedeerd weggekom, maar moes al hul bagasie agterlaat. Hier is hulle tydens 'n vakansie verlede jaar in Italië.


Pretoria

Mnr. Bobby Roscher is baie dankbaar hy was Donderdag sonder sy selfoon op die gholfbaan.

“Ek is al die spanning gespaar,” sê hy oor die senutergende nag wat sy seun, dr. Marc Roscher, en sy skoondogter, Ida, gedurende die Taj Mahal-hotel se terroriste-krisis deurgebring het.

Bobby het eers teen 14:00 die middag (Suid-Afrikaanse tyd) van dié drama gehoor.

“Hulle was toe al uit die hotel.”

Al wat hulle kon saamneem toe hulle uit hul hotelkamers gered is, was hul paspoorte.

“Maar wie gee nou om oor bagasie,” sê Bobby met ’n breë glimlag.

Hy is oneindig verlig dat sy enigste kind veilig is – en dat hy net die goeie nuus gekry het.

“As ’n mens moet hoor van bomme en vlamme en mense wat skiet én jou seun is daar …”

Marc, ’n dermatoloog van Umhlanga, en sy vrou het Dinsdagaand uit Johannesburg na Indië vertrek waar hy ’n konferensie sou bywoon.

Ondanks die trauma wat hulle beleef het, het hulle besluit om aan te bly in dié land. Bobby dink sy seun het die regte besluit geneem.

“As ek hy was, sou ek ook voortgaan met my program.

“Alles wat in Moembaai gebeur het, is nou verby.

“As iemand nou iets wil doen, met al daardie polisie daar, moet hy regtig baie dig wees.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo