| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:37 - (SA)
Sosiale netwerke eerste met die nuus Marenet Jordaan
Pretoria Sosiale netwerke soos Twitter en Flickr het die tradisionele media die afgelope week ore aangesit met ooggetuie-verslae uit Moembaai oomblikke nadat die terroriste toegeslaan het. Tot 80 kort boodskappe, bekend as tweets, is elke 5 sekondes op die Twitter-webruimte geplaas met inligting oor die toestand van gyselaars, polisiebewegings en noodnommers. “Ons is pas op groot skaal deur terroriste aangeval,” het @titterific Woensdagnag ge-tweet. “Ingeval jy dit nie verstaan nie, dit is oorlog. En ons het verloor. Big time.” Selfs vroeër het @drydog laat weet: “Het nou net via Twitter van die terroriste-aanvalle in Moembaai gehoor. Nog geen dekking daaroor op Australiese nuusnetwerke nie. Nuwe media bring weer hul kant.” Later het mense eerder hul gevoelens begin weergee, soos @Shadez vroeg Donderdagoggend: “Taj (hotel) is ons 11/26. Swart Woensdagnag.” Gaurav Sikka (@gsik), ’n Moembaaise rolprentmaker, het vandat hy die eerste twee bomontploffings Woensdagaand gehoor het byna ononderbroke daaroor ge-tweet. Hoewel hy nog altyd ’n aanhanger van Twitter was, is hy steeds verstom oor die manier waarop mense die gebeure gevolg en onmiddellik daaroor gekommunikeer het, skryf hy op sy blog. “Dink maar aan @Vinu, wat sy lewe gewaag het om vir ons foto’s te bring net nadat die nuus gebreek het.” Hoewel sommige boodskappe net happie-grootte weergawes van TV- of radionuus was, het ander direk gekom uit die plekke waarop die terroriste toegeslaan het. Foto’s en video’s van die verwoesting het binne ure op webruimtes soos Flickr en YouTube verskyn en ’n bladsy wat gedurig bygewerk word, is op die internet-ensiklopedie Wikipedia geskep. Mnr. Matthew Buckland, hoofbestuurder: publikasies en sosiale media by 24.com, sê mense op die toneel wanneer só ’n gebeurtenis ontvou, sal altyd met kraakvars nuus ’n voorsprong bo joernaliste hê. “Maar hulle kan ook die tradisionele joernaliste bystaan met hul verslaggewing.” Hy beskryf Twitter as “ ’n lewenstroom” wat mense gebruik om kontakte op te bou en hulle dan op die hoogte te hou van wat in hul lewe gebeur. “Dit is dieselfde soort netwerkbou as wat op ’n gholfbaan gebeur.” Volgens hom behoort die inligting op sulke webruimtes met ’n goeie skoot skeptisisme bejeën te word. “Jy moet die bron nagaan en seker maak dit kan bevestig word.” Tog speel sosiale webruimtes ’n belangrike rol om joernalistiek te verryk: enersyds omdat dié inligting vinniger daarheen gestuur word en ook omdat mense daardeur ’n ander sy van gebeure kan weergee. Buckland sê Suid-Afrikaners is goed op die hoogte van gebeure met sulke sosiale netwerke. “Ons is een van die lande met die meeste Facebook-gebruikers ter wêreld.” Volgens hom het Suid-Afrika na raming dubbel soveel mense wat die internet met selfone gebruik as met rekenaars: sowat 10 miljoen teenoor 5 miljoen. Buckland glo dit behoort daarom juis makliker te wees vir mense om, deur hul selfone, dié soort ooggetuie-verslae oor groot gebeure in Suid-Afrika te lewer. Aanvullende bronne: Reuters, twitter.com
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|