News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
    Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:37  - (SA)  
Beleg in Indië fyn beplan
Marenet Jordaan & Pieter Malan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Rook borrel uit die Taj Mahal-hotel nadat 'n elite-kommando 'n 59 uur lange besetting deur terroriste in Moembaai beëindig het.


Pretoria & Londen

Die beleg van Moembaai is verby.

Nou wil die wêreld weet wie het Indië se finansiële hart drie dae lank tot stilstand geruk en byna 200 mense afgemaai.

Die aanspraak van die Deccan Mujahideen, ’n onbekende groep van die suide van Indië wat in e-pos aan Indiese nuusagentskappe aanspreeklikheid aanvaar het, word nie in intelligensie-kringe as eg beskou nie.

Die Indiese minister van buitelandse sake het Vrydag die skuld op Pakistan gepak.

“Daar is voorlopige, prima facie-bewyse wat aandui elemente met Pakistanse bande is betrokke,” het mnr. Pranab Mukherjee gesê.

’n Indiese intelligensie-amptenaar het aan The New York Times gesê die terroriste het tydens die aanvalle nie-Indiese selfone gebruik en oproepe van buite die land ontvang.

Ander intelligensie-bronne het aan AFP gesê agt van die terroriste het reeds ’n maand voor die aanval in Moembaai aangekom.

Indië verdink ’n Islamitiese militante-groep van die bestrede Kasjmir-gebied, Lashkar-e-Taiba, wat ’n historiese verbintenis met Al Qaida het. Die aanvallers se spesifieke fokus op Westerlinge en Jode ondersteun volgens ontleders die agenda van ’n wêreldwye djihad.

Amerikaanse teen-terroriste-kenners het beaam die manier waarop die aanvallers te werk gegaan het, strook met vorige aanvalle van dié groep van Kasjmir, soos hul aanslag op die Indiese parlement in 2001.

Ander berigte in Indië lui dat tot sewe van die aanvallers kom van Brittanje.

Volgens The Sun in Brittanje het Indiese owerhede beslag gelê op BlackBerry-selfone wat in die aanvallers se besit was en wat bewys dat hulle die webblaaie van Britse koerante besoek het om te sien hoe daar in Brittanje verslag gedoen is oor die aanvalle.

Volgens Indiese polisiebronne het die terroriste ook Oerdoe- en Arabiese webblaaie besoek wat gewild is onder Moslems in die noorde van Enge-land.

Lede van Scotland Yard se terrorisme-eenheid is reeds na Moembaai op pad om dié bewerings te ondersoek.

Die Britse eerste minister, mnr. Gordon Brown, het gister gesê hy het geen aanduiding van sy Indiese eweknie, mnr. Manmohan Singh, oor Britse betrokkenheid by die aanvalle gekry nie, maar dis te vroeg vir gevolgtrekkings.

Die groepie jeugdige terroriste se gekoördineerde beleg van Moembaai se grootste toeristegebied is haarfyn beplan.

Hulle was duidelik goed opgelei in die hantering van gevegswapens en handgranate.

Die aanvallers wat vir die beleg van die Taj-hotel verantwoordelik was, was ook duidelik goed bekend met die ou gebou en die vermoede bestaan dat sommige van hulle selfs voor die tyd in die hotel gewerk het.

Teen laat gistermiddag was die dodetal 195, wat 22 buitelanders insluit. Sowat 295 mense is beseer.

Bronne: Reuters, AP, AFP



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo