Ghaddafi leef wéér in wêreld van sy eie
Pres. Moeammar Ghaddafivan Libië het maar sy eie manier van dinge doen, het pres. Jacob Zuma gister in Durban gesê nadat hy vandie Afrika-unie (AU) se vergadering in Sirté teruggekeer het.
|
|
|
 |
DUISENDE BY ROUDIENS VIR JACKSON VERWAG 'n Veiligheidswag van die Staples Centre in Los Angeles waak oor 'n massiewe plakkaat van die ontslape popster Michael Jackson. Die eerste openbare roudiens na Jackson se dood word Dinsdag in die sentrum gehou. (Foto: AP)
|
|
Pous sê G8 moet die armes help
Pous Benedictus XVI het gister ’n beroep op G8-leiers gedoen om die “globale finansiële reëls” te herskryf en die wêreld se armstes teen die uitwerking van die wêreldwye resessie te beskerm.
Mens moet ’n kaartjie hêvir Jackson se roudiens
Stadsbeamptes van Los Angeles in Amerika is besig om hul koppe te krap oor hoe hulle Dinsdag rouklaers by die eerste openbare roudiens vir die ontslape Koning van Pop, Michael Jackson, gaan akkommodeer.
300 000 dakloos weens vloede
Nagenoeg 300 000 mense moes hul huise in die suide van China ontruim nadat vloede huise en paaie verspoel het.
Palin nie meer goewerneur van Alaska
Sarah Palin, die Republikeine se kandidaat vir die adjunk-presidentskap in verlede jaar se Amerikaanse verkiesing, het eergister haar uittrede as goewerneur van Alaska aangekondig.
N-Korea skiet nog 7 missiele
Noord-Korea het gister, in wat as ’n teken van opstand teen die VSA tydens sy onafhanklikheidsdagvierings beskou kan word, sewe langafstand-missiele van sy Ooskus af geskiet. |
|