 |
'n Uitgespoelde walvis, wat ongeveer 10 m lank is, is Sondag by Soepiesklip by Die Plaat deur 'n groep vissermanne gewaar. Heinie Engelbrecht en 'n paar vriende was Vrydagmiddag ook by Die Plaat, maar die walvis was nog nie daar nie. Hy vermoed die walvis het dus tussen Saterdag en Sondag uitgespoel. Dit was reeds dood. Daar is diep gate en bytwonde aan die karkas, het Engelbrecht gesê. Hy vermoed dis moontlik deur bote veroorsaak, of kan ook die werk van 'n paar haaie wees. Die walvis was Sondag reeds spierwit. CapeNature het by navraag ges?ie wegmaak van die walvis rus nie op hul skouers nie. Die Overstrand-munisipaliteit het ook gesê dié walvis val nie in hulle gebied nie. Dit blyk mariene- en kusbestuur se verantwoordelikheid te wees, maar teen druktyd het hul woordvoerder nog nie kommentaar gelewer nie.
Elizma Engelbrecht
|
 |