Sondag  
Tuisblad Teken in

06/02/2010 16:17  - (SA)  

Skoen moet netjies pas




Insekbyte by kinders is baie algemeen, veral in die somer.

En as die kinders in die tuin speel, is dit maar moeilik om dit te voorkom.

Gelukkig is daar insect repellents wat aangesmeer kan word.

Dié middels kan goggas soos muskiete, vlooie, vlieë en bosluise weghou.

Kinders moet ook maar onder muskietnette slaap wanneer hulle kan.

Neem kinders dadelik hospitaal toe as hulle simptome toon soos moeilike asemhaling en sweterigheid of as hulle bleek of lomerig is.

Gee ook aandag as die bytmerk ontsteek is of as daar veelvuldige bytplekke is wat die kind se oë laat toeswel.

PAS TOG JOU PILLE OP

Watse voorsorg moet jy tref wanneer dit by medisyne kom?

Eerstens moet jy nooit jou medisyne vir enigiemand anders gee nie.

Dit is vir jou persoonlike mediese toestand voorgeskryf en kan skadelik wees vir ander.

Baie soorte medisyne mag ook nie saam met alkohol ingeneem word nie.

Volg maar jou dokter se voorskrif noukeurig.

Voor enige operasie (ook werk aan jou tande) moet jy vir die dokter sê watter medisyne jy neem, want dit kan ’n invloed hê op narkose en ander medisyne wat jy ná die operasie moet drink.

As jy dink jou kind het miskien per ongeluk van jou pille gedrink, moet jy dadelik jou dokter bel.

Wees tog versigtig: As dit by jou medisyne kom, moet jy die dokter se voorskrif presies volg.

PROSTAAT-TOETS WAG NÁ 40

Vir manne soos ek – van oor die 40 – is daar ’n ding wat wag.

En dis nie ’n lekker ding nie.

Ons moet gaan vir daai prostaatkanker-ondersoek.

Maar hoe berei jy jouself voor? Daar’s nie iets spesifieks wat jy moet doen nie.

Jy moet maar jouself net goed skoon was daar waar dit saak maak – en mentally sterk wees.

Die dokter sal in alle waarskynlikheid met sy vinger ’n anale inspeksie van die prostaat doen.

Jy moet verkieslik ook nie voor die tyd gaan pie nie, want die dokter sal ’n urine-monster nodig hê.

Hy sal ook bloed trek. Dis miskien die seerste ding van die hele prosedure.

’n Toets vir prostaatkanker is nie so erg nie. Dis vinniger klaar as wat jy dink.

SIT REG EN RED JOU RUG

Is jy ’n kantoorwerker soos ek wat ure lank voor ’n computer deurbring?

Dan is jy ook ’n kandidaat vir erge rugpyn.

Die meeste van ons sit verkeerd voor die computer.

Die korrekte stoelhoogte is belangrik. Jou voete moet plat op die vloer en jou bene 90 grade gebuig wees.

Die rekenaarskerm moet ook reg voor jou op die regte hoogte wees en nie teen ’n angle nie.

Jy moet ook gereeld breaks vat deur op te staan en ’n stappie te vat net om jou rug ’n break te gee.

KOOP SKOENE LAAT

Waarvoor moet jy op die uitkyk wees as jy skoene koop?

Dié vraag is belangrik, want baie vroue kry in die laaste dekades van hul lewens erge pyne omdat hulle vroeër die verkeerde keuses gemaak het met skoene.

Gemak, die regte grootte en eers dán die mode-oorwegings moet jou motto wees wanneer jy skoene kies.

Dit is ’n goeie roep om eers skoene laat in die dag te koop nadat jou voete ’n bietjie geswel het.

Dan sal jy nooit weer in daai situasie wees waar jy nie die skoene die volgende aand kan aankry nie, want dan sal hulle die regte grootte wees. – Health24.com


Teken In Op Sondag

 | 
 |